Maak die res van jou lewe 'n gelukkige herinnering tot die einde
Groenwilgers Aftreeoord is ‘n private tuiste vir mense van 60 jaar en ouer wat uit 56 deeltitel woonstelle bestaan.
Uitstekende Personeel
Vriendelik en Professioneel
Mediese Sorg
Mediese Gesondheidsorg
24/7 Sekuriteit
Altyd gereed om te ondersteun
Oor Ons
Laat jou goue jare tel!
Elke woonstel behoort aan ‘n privaat eienaar en is ongeveer 54 vierkante meter groot. ‘n Woonstel bestaan uit een groot slaapkamer, ‘n badkamer met ‘n stort of ‘n bad en ‘n toilet, ‘n deurloop kombuisie en ‘n ruim leefvertrek met ‘n pragtige uitsig op die Mooirivier.
- Privaat Woonstelle
- Veilige parkeerplek
- 24 uur Sekuriteit
- Gesonde etes
- Paniekknoppie
- Skoonmaakdienste
- Verpleegdiens
- Wasgoeddiens
Benodig u 'n blyplek op u oudag?
Groenwilgers Aftreeoord is ‘n privaat aftreeoord wat bestaan uit 56 deeltitelwoonstelle vir mense ouer as 60 jaar. Die eerste deeltitel-aftreeoord in Suid-Afrika..
Oor Ons
Groenwilgers Aftreeoord
Groenwilgers is ‘n pragtige plek. Elk van die 56 woonstelle het sy eie klein tuintjie en kyk uit oor ‘n lieflike grasperk langs die Mooirivier; ‘n vriendelike tuiste vir mense bo 60, met ‘n geregistreerde versorgingseenheid wat ongeveer 13 pasiënte kan huisves.
Groenwilgers was die heel eerste instansie in die land wat deeltitel woonstelle aan bejaardes beskikbaar gestel het. Dit was die breinkind van Mnr Dirk du Toit, wat in die laat sewentigerjare bewus geraak het van die behoefte aan verblyf vir bejaardes wat emosioneel nie gereed was om in ’n ouetehuis in ’n slaapkamer, met net ’n bed en bedkassie, te gaan woon nie.
Woonstelle
Elke woonstel is ongeveer 54 vierkante meter groot en bestaan uit een groot slaapkamer, ‘n badkamer met ‘n stort of ‘n bad en ‘n toilet, …
‘n deurloop kombuisie en ‘n ruim leefvertrek met ‘n pragtige uitsig op die Mooirivier.
Die woonstelle is aan die binnekant verbind met ‘n gemeenskaplike gang. Die gang is toegerus met ‘n handreling wat veilige, onderdak beweging na die eetsaal, versorgingseenheid en ander woonstelle toelaat. Die gemeenskaplike gang maak ook die lewering van 24-uur dienste binne die woonstelle moontlik.
Motorhuise
Inwoners wat nog self hul motors veilig kan bestuur mag aansoek doen vir ʼn motorhuis. Daar is minder motorhuise as woonstelle beskikbaar.
Indien daar nie dadelik ʼn motorhuis beskikbaar is nie, sal die inwoner se naam op ‘n waglys geplaas word
Sekuriteit
Groenwilgers is lid van die Cachet Park City Improvement District (CID) wat in samewerking met Mooirivierbeskerming…
sekuriteitsdienste aan Groenwilgers verskaf. Dit sluit ‘n aantal kameras, 24-uur monitering sowel as ‘n gewapende reaksiemag in.
Paniekknoppie
Elke woonstel is verbind aan die versorgingseenheid deur middel van ‘n interkom. Elke inwoner ontvang ‘n paniekknoppie wat gebruik kan word in noodgevalle. Verpleegpersoneel is 24-uur aan diens en mag enige tyd gekontak word vir hulp.
Kontak Ons
Sluit vandag by ons aan en word deel van ons gesin
Kantoorure
- 08.00 VM - 15.00 NM
Potchefstroom
- Meulstraat 17, Potchefstroom
- +27 18 293 0220
- info@groenwilgers.co.za
Kontak ons Vandag!
Kontak ons gerus om ‘n besigtiging / toer te reël om uit te vind hoekom jy ons moet kies!