Meulstraat 17

Potchefstroom, 2531

Kontaknommer

+27 18 293 0220

Volg Ons :

Oor Ons

Oor Ons

Maak goeie herinneringe tot die einde

Die eerste deeltitel aftree-oord in Suid-Afrika

Groenwilgers is ‘n pragtige plek. Elk van die 56 woonstelle het sy eie klein tuintjie en kyk uit oor ‘n lieflike grasperk langs die Mooirivier; ‘n vriendelike tuiste vir mense bo 60, met ‘n geregistreerde versorgingseenheid wat ongeveer 13 pasiënte kan huisves.

Groenwilgers was die heel eerste instansie in die land wat deeltitel woonstelle aan bejaardes beskikbaar gestel het. Dit was die breinkind van Mnr Dirk du Toit, wat in die laat sewentigerjare bewus geraak het van die behoefte aan verblyf vir bejaardes wat emosioneel nie gereed was om in ’n ouetehuis in ’n slaapkamer, met net ’n bed en bedkassie, te gaan woon nie.

Die regering was destyds uit voeling met die behoeftes van bejaardes en nie bereid om beter behuising vir hulle op te rig nie. By privaat aftree-oorde elders in die land het inwoners nie eiedomsreg gehad nie en hul erfgename kon nie hul wooneenhede erf na afsterwe nie. As oplossing vir hierdie probleme het Mnr du Toit besluit om klein woonstelle met volle eiendomsreg onder die splinternuwe Wet op Deeltitels op te rig. Hy het in 1981 ’n stuk grond met ‘n uitstekende ligging langs die Mooirivier van die munisipaliteit aangekoop. Saam met Mnr Schoeman van Fleischack Prokureurs het hulle die nuwe deeltitelwet deurgewerk en kontrakte vir die aankoop van die woonstelle opgestel.

Argitek Nardus Conradie het die gebou só ontwerp dat ’n lang gang al die woonstelle binnenshuis verbind en dat al die inwoners die pragtige Mooirivier elke dag kan sien. Ene Kolonel Klopper het die klip- en turf-grond voorberei en die eerste gedeelte van Groenwilgers gebou. Clarrie de Villiers was later verantwoordelik vir die tweede fase.

Hierdie ontwikkeling was heeltemal ’n nuwe idee en mense was aanvanklik huiwerig om woonstelle te koop. Theuns Kruger, ’n plaaslike eiendomsagent, het egter die eerste woonstel aan sy skoonpa, Regter Rumpff, die eertydse hoofregter van Suid-Afrika, verkoop en daarna het ander kopers sy voorbeeld gevolg.

Die eerste bestuurder was Janet du Toit en die eerste suster Hannelie Kriel. Vandag behoort die leisels aan Mev. Sandra Ströh, wat Groenwilgers en sy personeel met groot toewyding bestuur.

Ons Span

Sandra Ströh

Bestuurder

Tel: 018 293 0220
E-pos: bestuurder@groenwilgers.co.za

Sr Madelein le Roux

Hoof Professionele Verpleegkundige

Tel: 018 293 0220
E-pos: suster@groenwilgers.co.za

Amanda Smuts

Administratiewe Assistent

Tel: 018 293 0220
E-pos: admin@groenwilgers.co.za

Jan de Wet

Voorsitter

Tel: 018 293 0220
E-pos: voorsitter@groenwilgers.co.za

Chantel Brown

Kombuis Spanleier

Tel: 018 293 0220

Ennie Ratema

Huishoudelike Hoof

Tel: 018 293 0220
E-pos: huishoudelik@groenwilgers.co.za