Meulstraat 17

Potchefstroom, 2531

Kontaknommer

+27 18 293 0220

Volg Ons :

Fasiliteite en Dienste

Wat ons Bied

Volledige lys van Dienste

Woonstelle

Elke woonstel is ongeveer 54 vierkante meter groot en bestaan uit een groot slaapkamer, ‘n badkamer met ‘n stort of ‘n bad en ‘n toilet, …

‘n deurloop kombuisie en ‘n ruim leefvertrek met ‘n pragtige uitsig op die Mooirivier.
 

Die woonstelle is aan die binnekant verbind met ‘n gemeenskaplike gang. Die gang is toegerus met ‘n handreling wat veilige, onderdak beweging na die eetsaal, versorgingseenheid en ander woonstelle toelaat. Die gemeenskaplike gang maak ook die lewering van 24-uur dienste binne die woonstelle moontlik.

Motorhuise

Inwoners wat nog self hul motors veilig kan bestuur mag aansoek doen vir ʼn motorhuis. Daar is minder motorhuise as woonstelle beskikbaar.

Indien daar nie dadelik ʼn motorhuis beskikbaar is nie, sal die inwoner se naam op ‘n waglys geplaas word

Sekuriteit

Groenwilgers is lid van die Cachet Park City Improvement District (CID) wat in samewerking met Mooirivierbeskerming… 

sekuriteitsdienste aan Groenwilgers verskaf. Dit sluit ‘n aantal kameras, 24-uur monitering sowel as ‘n gewapende reaksiemag in.

Paniekknoppie

Elke woonstel is verbind aan die versorgingseenheid deur middel van ‘n interkom. Elke inwoner ontvang ‘n paniekknoppie wat gebruik kan word in noodgevalle. Verpleegpersoneel is 24-uur aan diens en mag enige tyd gekontak word vir hulp.

Minimum Dienste

Die volgende dienste is ingesluit in die maandelikse heffing en word aan maksimum twee persone per woonstel gelewer

Verpleegdiens

Verpleegpersoneel  is 24 uur per dag beskikbaar. Dit sluit die voortdurende algemene toesig oor die inwoner se gesondheid, advies aan sy / haar …

geneesheer, konsultasie rakende gesondheidsprobleme asook hulp en advies ten opsigte van medikasie in.

Personeel hanteer ook die neem van bloeddruk, bloedsuikertoetse, urientoetse, neem en hantering van monsters (urine en bloed ens) en gee van inspuitings (uitgesluit spuite en spuitstof). Hulle versorg ook inwoners se naels en voete, doen periodieke rondtes en toesig as ‘n inwoner siek is en hanteer noodgevalle.

Skoonmaakdiens

Dit sluit die was van skottelgoed, opmaak van bed en skoonmaak van bad/stort, wasbak en toilet in, asook die was van vloere, stofsuig van …

matte, afstof en politoer van meubels, skoonmaak van ornamente, vee van stoepe, leegmaak van asblikke, afvee van vuil plekke op mure en was van vensters wanneer nodig in.

Take moet binne 1.5 ure afgehandel kan word. Inwoners verskaf geen skoonmaakmiddels asook toebehore nie. Dit word verskaf deur Groenwilgers.

Wasgoeddiens

Die diens sluit die weeklikse was en stryk van normale klerasie en beddegoed van die inwoner/s in.

Vir meer inligting oor hierdie diens kontak ons ​​gerus.

Keuse Dienste

Inwoners mag self kies of hulle van die keusedienste wil gebruikmaak en betaal addisioneel per diens vir die keusedienste. Tariewe is op aanvraag beskikbaar. ​Die keusedienste sluit die volgende in:

Etes

Groenwilgers, of ‘n privaat kontrakteur voorsien drie etes per dag, wat in die eetsaal of in die inwoner se woonstel bedien word.

Etes word bedien op tye soos deur Groenwilgers of die Privaat Spysenier bepaal en inwoners bespreek voor 10:00 die vorige dag vir etes by die hoof van die kombuis of ‘n vaste weeklikse bestelling kan ook geplaas word met spesiale reëlings oor naweke.

Verpleegdiens

2e Vlak – Addisionele verpleegdienste, wat aan inwoners in die woonstelle verskaf kan word, sluit onder andere wondversorging, inhalasies,

inplaas van kateter, bed-was, stort / bad, neem van bloeddruk, indraai van hare, toediening van medikasie, en tuisversorging in die woonstel in.

Alle medikasie en verbandmateriaal is vir die inwoner se rekening.

Verpleegdiens

3e Vlak – in versorgings-eenheid  – Inwoners wat in die versorgingseenheid woon, ontvang 24 uur versorging. Die versorgingseenheid …

verskaf ook oornagversorging soos bv. slegs toesig, of toesig en versorgingsdienste, maar die inwoner gaan bedags na sy/haar woonstel. ‘n Bed in die versorgingseenheid kan dan teen ‘n verlaagde tarief vir ‘n inwoner gehou word indien sy / hy gehospitaliseer word of gaan kuier.

​Inwoners van die versorgingseenheid verskaf of betaal vir alle medikasie, doeke, verbandmateriaal, toiletware, linnebeskermers en klere.

Skoonmaak

ADDITIONEEL –‘n Tien minute skoonmaakdiens sluit die opmaak van ‘n bed en uitneem van ‘n asblik in.

‘n Halfuur skoonmaakdiens behels huishoudelike take wat binne ‘n halfuur afgehandel kan word bv. was van skottelgoed, opmaak van bed, skoonmaak van bad/stort, wasbak en toilet, uitneem van asblik ens.

lnwoners verskaf self alle skoonmaakmiddels en benodigdhede

Tuine
Die tuine word deur tuindienste in stand gehou.

Ander Dienste

Haarkapper

Daar is elke Dinsdag ‘n haarkapper vanaf 08:00 op die perseel beskikbaar teen baie billike pryse.

Vir meer inligting oor hierdie diens kontak ons ​​gerus.

Snoepie

Daar is ‘n snoepie wat vanaf Maandag tot Vrydag vir ‘n halfuur per dag vanaf 10:00-10:30. 

Alle noodsaaklikste items is beskikbaar.

Sosiaal

Daar word elke kwartaal kuier geleenthede aangebied en aan die einde van die jaar …

‘n kersete. Daar is ook gereeld studente wat die inwoners besoek en interessante aktiwiteite aanbied. As die weer dit toelaat word daar ook per jaar ‘n lentebraai onder die bome langs die Mooirivier gehou.

Kerkdienste

Sondaemiddae word kerkdienste in die eetsaal deur predikante van die drie susterskerke gehou.

Vir meer inligting oor hierdie diens kontak ons ​​gerus.

Kostes

Toetreeheffing

Alle kopers van woonstelle 1 tot 56 betaal ‘n toetreeheffing/inkoopheffing bereken teen 7.5% van die koopsom soos bepaal in die koopkontrak van die betrokke woonstel. Hierdie toetreeheffing word oorbetaal aan ‘n instandhoudingsfonds wat uitsluitlik gebruik word vir die instandhouding en verbetering van die geboue en fasiliteite.  Eienaars word daarop gewys dat die toetreeheffing soos beskryf, by die verkoopprys ingereken moet word.

Maandelikse heffing

Eienaars van woonstelle is verantwoordelik vir die maandelikse heffing, wat deur die eienaars by Algemene Jaarvergadering goedgekeur word. Die heffing sluit al die kostes in waarvoor die deeltiteleienaar verantwoordelik is asook die kostes vir die minimumdienste wat aan die woonstel inwoner(s) hetsy eienaar(s) of huurder(s), gelewer word.

Elektrisiteit

Elke woonstel is met ‘n aparte elektrisiteitsmeter toegerus vir elektrisiteitsverbruik. Die elektrisiteitsverbruik ten opsigte van elke woonstel word maandeliks bepaal en die woonstel inwoner, hetsy eienaar of huurder, betaal self daarvoor.

Erfbelasting

Elke woonsteleienaar is persoonlik verantwoordelik vir die betaling van die woonstel se erfbelasting aan die plaaslike owerheid.

Verhuring van woonstelle

Eienaars mag hulle woonstelle aan geskikte persone verhuur.  Eienaars bepaal self die huurbedrag van die woonstel wat die maandelikse heffing insluit. Die eienaar betaal dus die maandelikse heffing en nie die huurder nie. Verskeie woonstelle is tans beskikbaar vir verhuring of te koop.